Sesde beskuldigde van Bester-saak in hofApril 20, 2023
Die sesde beskuldigde in die Thabo Bester-saak het vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die werknemer van die sekuriteitsmaatskappy, Motanyane Masukele, is aangekla van regsverydeling en omdat hy Bester bygestaan het met sy ontsnapping. Volgens berigte was hy ‘n veiligheidswag by die Mangaung-korrektiewe-sentrum toe die ontsnapping plaasgevind het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê die saak is tot vroeg volgende maand uitgestel.