Omusati-vrou, 19, vas vir moord op babaApril 20, 2023

Die Omusati-polisie het ‘n 19-jarige vrou in hegtenis geneem op klagte dat sy haar pasgebore baba vermoor het. Volgens die streek se bevelvoerder kommissaris Ismael Basson, word daar beweer dat die vrou vroeg in April geboorte geskenk het en die dogtertjie toe in ‘n langbroek toegedraai het en begrawe het. ‘n Lid van die publiek het Dinsdag ‘n hond met ‘n voorwerp sien rondloop wat toe die oorskot van die kind was. Basson sê ondersoek is ingestel en die vrou is by haar huis gearresteer. Hy het moeders gewaarsku en sê as hulle nie gereed is om vir ‘n kind te sorg nie, moet hulle reëlings vir aanneming tref. Die plaaslike wetgewing is ook onlangs aangepas en babas kan sonder enige vervolging by hospitale of polisiestasies gelos word.