Geen verrassing oor Afcon-ontrekking nie, daar’s nie geld nieApril 20, 2023
Die Nambiese sportminister Agnes Tjongarero het haar Botswana-eweknie, Tumiso Rakgare in kennis gestel van Namibië se besluit om die memorandum van ooreenkoms tussen die twee regerings vir die gesamentlik bod vir die 2027 Afrika-beker, Afcon, te onttrek en te beëindig. Onder die vele redes wat verskaf is, het Tjongarero gesê die 4,8 miljard Namibiese dollar wat nodig is, volgens die onlangse oudit om sport-fasiliteite op te gradeer, is buite hul begroting en met die dreigende droogte in Namibië is die regering gedwing om sy hulpbronne te herprioritiseer. Tjongarero het onderneem om alle betalings ingevolge die ooreenkoms, vir werk wat reeds uitgevoer is, te doen.