Tenderkorrupsie onder die loep in die parlement

Die Popular Democratic Movement-parlementslid, Jennifer van den Heever het vandag in die Nasionale Vergadering bygedra tot die mosie om ‘n omvattende ondersoek uit te voer na die prosedures wat die tendertoekennings-prosesse van die Sentrale Verkrygingsraad dikteer. Die mosie is ter tafel gelê deur die PDM se skaduminister van finansies Nico Smit. Openbare verkryging word met belastingbetalersgeld uitgevoer, maar ernstige bewerings en aanduidings van korrupsie in die raad het na vore gekom, wat tot ernstige kommer van die Namibiese publiek gelei het.