Mobiele planetarium by Swakopmund-museum

Die Swakopmund-museum bied vanaf 22 tot 26 April vir inwoners unieke sterrekyk-geleenthede aan met die mobiele planetarium van die Universiteit van Namibië wat op die kusdorp sal wees. Sterrekyk-toere moet vooraf bespreek word. Die koste beloop 30 Namibiese dollar vir volwassenes en 10 dollar vir kinders. Skenkings is ook welkom. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam gepraat oor die mobiele planetarium…