Kanime reageer op aantygings oor korrupte Stadspolisie-beamptes
‘n Kosmos-luisteraar sê hy is twee keer deur lede van die Windhoek Stadspolisie voorgekeer en die beamptes het hom gedreig en probeer omkoop. Die hoof van die mag, Abraham Kanime, het met skok op die aantygings gereageer en lede van die publiek gevra om sulke voorvalle onmiddellik aan te meld. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.