Alweendo en sy eweknie van Katar teken ooreenkoms oor olie
Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het die week ‘n memorandum van verstandhouding met sy eweknie in Katar Saad Sherida al-Kaabi onderteken. Al-Kaabi is ook die uitvoerende hoof van QatarEnergy, wat aandeelhouding het in Namibië se oliebronne. Volgens die ministerie se woordvoerder Andreas Simon, sal die ooreenkoms bilaterale verhoudings tussen die twee lande versterk. Dit maak ook uitgebreide samewerking in die gebied van olie-eksplorasie en ontginning moontlik. Katar het ervaring in die petroleumbedryf en tegniese vaardighede waarvan Namibië nie beskik nie en wat volgens Simon tot voordeel van die plaaslike sektor sal wees.