Scholtz sê Duitsland sal Namibië help om litium te verwerk

Reuters berig dat Duitsland sê hy is bereid om Namibië by te staan om ‘n plaaslike litiumverwerkings-aanleg op te rig. Volgens die internasionale nuusagentskap het die Duitse kanselier, Olaf Scholz, die aanmerkings gemaak. Hy het ook beklemtoon het dat die skuif daarop gemik is sodat Duitsland nie op een verskaffer hoef staat te maak nie. In November verlede jaar het Namibië ‘n ooreenkoms met die EU aangegaan wat die handelsblok se toegang tot die Namibië se seldsame aardmetale sal verseker om die wêreldwye oorgang na groen energie aan te dryf. Scholtz se aanmerkings kom nadat Namibiese owerhede wil hê dat litium wat in die land ontgin word, plaaslik verwerk moet word om plaaslike veredeling te verbeter, ‘n standpunt wat reeds deur Zimbabwe geïmplementeer is. Litium is ‘n kritieke komponent in herlaaibare litium-ioonbatterye, wat in die meeste persoonlike elektronika en elektriese voertuie gebruik word.