Lief vir katte? Dan is jy ‘n teedrinker, hondeliefhebbers verkies koffie…
‘n Studie deur die internasionale navorsingsagentskap, OnePoll, het die persoonlikheidsverskille tussen 2 000 Amerikaanse koffie- en teedrinkers bekend gemaak. Navorsers het bevind koffiedrinkers is meer introvert en skeppend as teedrinkers, wat meer ekstrovert is en na avontuur smag. Koffieliefhebbers luister na jazz, blues, punk en rock in vergelyking met teeliefhebbers wat klassieke musiek, country, pop, hip-hop en kletsrym verkies. Die navorsing toon ook koffiedrinkers verkies honde en teedrinkers is lief vir katte.