Amushelelo probeer weer vandag vir borg
Die omstrede arbeidsaktivis Michael Amushelelo sal vandag weer in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn vir sy formele borgaansoek. Sy prokureur, Kadhila Amoomo sê hulle is ingelig dat die kantoor van die aanklaer-generaal die lêers van sy verskeie sake, Walvisbaai ingesluit, aangevra het. Die aanklaer-generaal oorweeg dit blykbaar om die sake saam te voeg, veral omdat die klagtes ooreenstem. Daar is drie sake: Die Stad Windhoek-aangeleentheid, die Walvisbaai-saak en die saak op Onafhanklikheidsdag. Die China Town-klagtes is teruggetrek. Hy is sedert Onafhanklikheidsdag agter tralies na die mislukte protesoptog teen jeugwerkloosheid.