Kenner sê hoekom sprinkaanplaag nooit gematerialiseer het nie
Die sprinkaanplaag het nie gematerialiseer nie. Daar was voorspellings vir ‘n uiters groot plaag maar, volgens die Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, dr. Gerhard Verdoorn, sê verskeie faktore het saamgewerk om dit te verhoed. Hy voeg by, daar is wel ‘n moontlikheid dat sprinkane in die komende seisoen sal uitbroei.