Russe vra bewyse dat besoedeling van Stampriet-bekken sal gebeur
Die voorsitter van die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Divan Opperman, het ‘n beroep op alle relevante owerhede gedoen om behoorlike navorsing te doen voordat enige besluit geneem word rakende die moontlike eksplorasie- en mynbedrywighede in die Stampriet-bekken. Hy het met boere en belanghebbendes oor die kwessie gepraat en meen dat terwyl die vereniging op opbou van Namibiese mynwese en werkskepping ondersteun, is daar groot kommer op grond van feite dat die water besoedel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan van Rooyen, die kommunikasie konsultant vir die Russiese uraanreus wat die ontginning wil doen, Uranium One, oor Opperman se aanmerkings gepraat.