Rooilynsaak: Vleisraad sal appelleer, Amupanda soek steeds koste-beskerming

Die sogenaamde rooilynsaak was weer vandag vlugtig voor regter Shafimana Ueitele. Die saak is tot 29 Junie uitgestel vir verhoor vir verlof tot appèl deur die Vleisraad van Namibië en vir ‘n beskermende kostebevel waarvoor die aansoeker, Job Amupanda gevra het. Die Vleisraad appelleer teen die ter syde stelling van sy aansoek vir verspilde koste tussen September 2021 en Maart 2022, toe Amupanda sy eis moes aanpas. Die respondente sluit die landbouministerie, die prokureur-generaal, en die veeartsenydepartement, onder andere in. Amupanda poog om die veterinêre kordonheining te verwyder. Hy beskryf dit as diskriminerend teenoor die noordelike boere.