Vermeende moordenaar vandag in hof

Die Namibiese polisie het bevestig dat ‘n 40-jarige man in verband met die moord van ‘n vermiste man in hegtenis geneem is. Nampol het vroeër die publiek se hulp gevra om die liggaam van ‘n man wat in ‘n sloot in die suidelike nywerheidsgebied gevind is te identifiseer. Die oorledene is ook erg aangerand voordat sy liggaam verbrand is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie sê Kosmos 94.1 Nuus die verdagte verskyn vanmiddag in die hof.