Gholf: Fitzpatrick laat Spieth onderspit delf

Gholf: Matt Fitzpatrick van Engeland het die heersende kampioen, Jordan Spieth, die onderspit laat delf in ‘n spannende uitspeel-ronde en die RBC Heritage-titel in Suid-Carolina opgeraap. Fitzpatrick en Spieth was  ná die laaste ronde gelykop op 17 onder baansyfer. Spieth het sy kans om voor te loop op die eerste twee uitspeel-putjies verbrou deur sethoue te mis,  voordat Fitzpatrick op die derde ‘n voëltjie behaal het om te wen. Dit is sy tweede PGA-toernooi-titel in sy 122ste loopbaan-toernooi. Verlede jaar se naaswenner, die Amerikaner Patrick Cantlay, het derde geëindig, twee houe agter die voorste twee.