Twee Oseane-marathon skop af in Kaapstad

Padwedlope: Sowat 29 000 atlete het in Kaapstad weggespring om te probeer om die 56 kilometer-roete van die Twee Oseane-marathon te voltooi. Onder die deelnemers is die verdedigende kampioene Gerda Steyn van Suid-Afrika en Edndale Belachyew van Ethiopië. Die half-marathon wat bekend staan as die wêreld se skilderagtigste wedloop, word môre beslis met Namibië se Helalia Johannes ’n sterk gunsteling in die vroue-afdeling.