IMF: Afrika op drumpel van erge finansiële krisis

Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku dat Afrika op die drumpel is van ‘n ernstige finansiële krisis wat sy ekonomiese groei en langtermyn-ontwikkeling aan bande kan lê. Die direkteur van die Afrika-afdeling van die IMF, Abebe Selassie, sê die verwagte krisis volg op die skokke wat die Covid-pandemie en Rusland se inval in Oekraïne op finansiële markte en die gevolglike stygings in inflasiekoerse. Selassie sê dit in die IMF se Streeks-ekonomiese Vooruitsig vir Afrika Suid van die Sahara. Die IMF sê groei in die streek sal na verwagting vir die tweede agtereenvolgende jaar daal van 3,9 persent in 2022 tot 3,6 persent vanjaar, waarna dit moontlik volgende jaar tot 4,2 persent sal terugbons.