DA sê vandag oor koalisies

Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan Suid-Afrikaners vandag inlig oor die vordering wat gemaak is met die nasionale konvensie oor die verkiesings-ooreenkoms met ander partye en die reëlings daarvoor. Steenhuisen het vroeër die maand aangekondig die party is bereid om ander politieke partye te ontmoet om ‘n strategie op te stel wat die ANC in volgende jaar se verkiesing uit die kussings sal lig. Die ooreenkoms wil verseker die EFF beklee nie belangrike posisies in ‘n toekomstige regering nie. Steenhuisen sê daar was opbouende terugvoer van talle opposieparty-leiers.