Tennis: Kwarteindstryde vandag in Monte Carlo

Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti speel vandag teen sy landgenoot Jannik Sinner in die kwarteindstryd van die Monte Carlo Meesterstoernooi nadat hy Donderdag die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal het toe hy die wêreld nommer een, Novak Djokovic van Serwië, uitgeskakel het. Sinner het afgereken met die tiende-gekeurde Hubert Hurkacz van Pole. In die ander kwarteindstryde speel die Rus Andrey Rublev teen die Duitser Jan-Lennard Struff, Stefanos Tsitsipas van Griekeland kom te staan teen die Amerikaner Taylor Fritz, en nog ‘n Rus, Daniil Medvedev, pak Holger Rune van Denemarke.