Probleme met kosaflewering by KZN-skole

Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het erken dat daar probleme is om kos af te lewer by sommige skole in die provinsie wat begunstigdes van die nasionale skolevoedingsprogram is. Die KZN-sakeforum beweer die maatskappy wat aangestel is om die voedselvoorsiening tussen hulle en die skole te koördineer,  lewer nie die kos by die optelpunte af nie. Die LUR, Mbali Frazer, sê die departement wil sy verbintenis herbevestig om voedsame kos by al 5 400 skole te voorsien.