Rugby: SA gasheer van vier VRK-wedstryde

Rugby: Suid-Afrika bied die naweek vier wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap aan in die voorlaaste ronde van die gewone seisoen. Die Haaie is vanaand in Durban gasheer vir Benetton terwyl Ellispark môremiddag die heel eerste dubbeldoor-kragmeting in die VRK aanbied. Die Bulle speel teen Zebre Parma, gevolg deur die Leeus teen Leinster. Die Stormers speel môreaand in Kaapstad teen Munster. Die Ierse span se afrigter, Graham Rowntree, sê die verdedigende kampioen is ʼn moeilike neut om te kraak.