Kaapstad gereed vir winter-reënseisoen

Die Stad Kaapstad het die week die volgende fase van sy Wintergereedheidsprogram afgeskop deur waterpypleidings en stormwater-dreine skoon te maak voor die nat winter-reënseisoen. Burgemeester, Geordin Hill-Lewis het vandag by skoonmaakspanne in Delft aangesluit om die vordering van die projek te monitor en sê dis een van die grootste skoonmaak-operasies wat nóg deur die Stad aangepak is. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt…