Wes-Kaapse polisie volg leidrade op oor koelbloedige moord

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle is besig om alle moontlike leidrade op te volg om die drie gewapende mans wat ses mense in Ocean View doodgeskiet het, vas te trek en in hegtenis te neem. Vyf mans, tussen die ouderdomme van 20 en 50 is in die aanval by ‘n huis koelbloedig doodgeskiet, met ‘n sesde slagoffer wat later in die hospitaal aan sy wonde beswyk het. Fritz Platt, Kosmos 94. Nuus se korrespondent in Kaapstad…