Kokaïensmokkelaars wag op uitspraak oor appèl-aansoek

Die twee veroordeelde kokaïensmokkelaars Grant Noble en Dinath Azhar sal vandag uitspraak aanhoor oor hul aansoek om appèl aan te teken teen hulle skuldigbevinding op klagte van dwelmhandel. Die twee het die regter vir verlof gevra om die saak in die hooggeregshof te appelleer na hulle elk sewe jaar tronkstraf opgelê is. Die twee is skuldig bevind daaraan dat hulle 412 kilogram kokaïen ter waarde van 206 miljoen Namibiese dollar in ‘n vraghouer by die Walvisbaaise hawe ingesmokkel het. Hulle is op 15 Junie 2018 in hegtenis geneem.