Brasilië integreer weer in Suid-Amerikaanse ekonomie

Brasilië sal weer by die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies aansluit, nadat die land in 2019 onttrek het. Volgens die ministerie van buitelandse sake hervat Brasilië deelname aan internasionale alliansies. Die land sal weer op 6 Mei amptelik by die unie aansluit en sê hy beklemtoon weer sy verbintenis tot die konsolidasie van Suid-Amerika as ‘n sone van vrede en samewerking. Die unie is in 2008 gestig. Brasilië het onder oudpresident Jair Bolsonaro onttrek.