Sindikaat in SA kry 843 jaar in die tronk

Ses lede van ‘n Suid-Afrikaanse sindikaat wat bankkliënte bedreig het, is deur die hooggeregshof in Johannesburg tot ‘n opeenvolgende 843 jaar tronkstraf gevonnis. Die mans is vroeër skuldig bevind op altesaam 68 aanklagte van onder meer moord, roof, ontvoering, rampokkery deur bestuur en deelname aan ‘n onderneming, bedrog, korrupsie en sameswering. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê hulle was tussen 2011 en 2016 in Gauteng, Noordwes en Limpopo bedrywig: