Taliban verbied VN se vroupersoneel om te werk

Die Verenigde Nasies het sy kommer uitgespreek omdat Taliban-owerhede in die ooste van Afghanistan VN-vrouepersoneel verbied het om te werk. Die Taliban-administrasie het in Desember ook vroue verbied om by nasionale en internasionale nieregeringsorganisasies te werk. Vroue mag boonop nie werk, studeer of reis sonder ‘n manlike metgesel nie. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis onaanvaarbaar en inderwaarheid onverstaanbaar omdat dit die lewering van humanitêre hulp ontwrig.