Die waarde van selfoon-video’s weer beklemtoon in die hof

Die waarde van selfoon-beeldmateriaal is weer beklemtoon met die saak waar die NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat is. Die hof het bevind dat daar geen bewyse was dat Nauyoma die protesgangers aangehits het nie. Dit is duidelik in die beeldmateriaal wat op die 21ste Maart van die byeenkoms afgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox gesels oor die rol wat selfoon-video’s kan speel in ‘n regsgeding en hoe belangrik dit is.