Disney vang DeSantis uit… vir nou

Ron DeSantis, die goewerneur van Florida, het die deelstaat se inspekteur-generaal gevra om ondersoek in te stel na hoe ‘n toeristetoesigraad wat nuut geskep is, na bewering deur Walt Disney World se topamptenare van die meeste van sy mag gestroop is. DeSantis het onlangs die nuwe raad gestig om beheer te vat oor Disney se doen en late. Disney se Reedy Creek was sedert 1967 sy eie regeringsentiteit. Maar, net voor DeSantis die wetgewing wat die raad gestig het, bekragtig het, het Disney se eie raad, alle beheer van Reedy Creek oorgedra aan die sentrale bestuur van Disney. Die bepaling is geldig tot 21 jaar na die laaste nasaat van Koning Charles III sterf. DeSantis is woedend maar Disney sê hy het al die bepalings, insluitend die plasing van advertensies vir die nodige vergadering, nagekom.