Onwettige plaagdoders teen kakkerlakplaag gebruik

CropLife Suid-Afrika het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n toename in kakkerlak-besmettings in die land, wat gelei het tot ‘n oplewing in die onwettige gebruik van plaagdoders wat nie geregistreer is vir binnenshuise gebruik nie. Die uitbreking word toegeskryf aan die nat en vogtige somer en onhigiëniese toestande. Huiseienaars en die kitskos- en gasvryheidsektore word versoek om spoedig op te tree om die plaag te stuit. Die vereniging het ‘n beroep op die publiek gedoen om geregistreerde plaagdoders te gebruik om die kakkerlakke uit te roei.