Sneeukanon ‘n vermors van geld by ski-oord  

Monte Cimone, ‘n gewilde ski-oord in Italië se Apennyne, het voor die winterseisoen 5 miljoen euro in die maak van kunsmatige sneeu belê in ‘n poging om die impak van aardverwarming af te weer. Die geld is grootliks vermors. Die sneeu-kanon was nutteloos omdat die waterdruppels wat hulle in die lug afvuur, vriesweer nodig het om as sneeu op die grond te val, maar tot middel Januarie het die temperatuur nooit onder nul Celsius grade gedaal nie. Die sneeu-oord het tydens die sneeuseisoen 40 persent van hul inkomste verloor weens ‘n gebrek aan sneeu.