Agribank het ook kommer oor landbousektor
Agribank voorsien uitdagende tye vir die Namibiese landbousektor met ondernormale reënval wat oor die meeste dele van die land in die reënseisoen voorgekom het. Lae tot geen reënval is in meeste streke aangeteken en daar heers groot kommer oor lae oes-opbrengste, asook ‘n afname in veeproduksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka die tegniese adviseur van Agribank gepraat…
Hy sê tesame met wêreldwye krisisse, word daar van boere verwag om innoverende metodes in te stel om droogte die hoof te bied om verdere verliese te vermy.