Veiligheidsbedryf in Namibië onder die loep

Die lede van die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum het ‘n vergadering gehou om die huidige stand van sake rakende die veiligheidsbedryf in die land te bespreek. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, asook verskeie vakbonde in. Tydens die vergadering het alle partye ooreengekom om saam te werk om die uitdagings in sekuriteitsbedryf, soos onder meer lae lone, te aan te spreek. Hulle beywer hulle daarvoor om te verseker dat sekuriteitsmaatskappye binne die wetlike raamwerk funksioneer. Celeste Lucas, die nasionale administrateur, van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…