As polisie hardhandig was, lê ‘n klag

Die Namibiese polisie sê aantygings van polisie brutaliteit tydens Michael Amushelelo se mislukte optog teen werkloosheid, is vaag en misleidend. Volgens woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, was die polisie besig om hul mandaat, om wet en orde te handhaaf, uit te voer, maar dat die lede van die publiek opstandig en aggressief was. Hulle wou ook nie hul samewerking gee nie. Sy voeg by as daar ‘n lid van die publiek is wat meen die polisie buitensporig opgetree het, moet hulle ‘n klag lê sodat ondersoek ingestel kan word. Aantygings sal hulle niks in die sak bring nie.