Graanmark stabiliseer na Putin se ondernemings – Collard

Die Russiese President Vladimir Putin, het die Swartsee-onderneming vir die uitvoer van grootmaat graan en kunsmis na Afrika met twee maande verleng. Die verlenging volg nadat die onderneming die naweek na ‘n siklus van 120 dae geëindig het. Putin sê indien daar nie aan die eise voldoen word nie, sal Rusland gratis kunsmis en graan na Afrika stuur sodra die ooreenkoms verstryk. Ian Collard, uitvoerende hoof van die NMI-groep sê dit bly goeie nuus omdat dit die mark stabiliseer.