ANC het kommer oor intimidasie van sake-eienaarsMarch 26, 2023

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president Paul Mashatile sê die regering is bekommerd oor die toenemende aangemelde gevalle van intimidasie en geweldadige aanvalle op sake-eienaars in die konstruksie-, chemiese, mynbou- en vervoersektore. Mashatile het gepraat tydens die South African Premier Black Business Awards in Gauteng. Hy sê dit dra nie by tot die positiewe beeld wat hulle van die land wil bevorder nie, en versterk net dis-investering en ekonomiese agteruitgang. Mashtile sê swart sakeondernemings moet ook op hulle hoede wees teen diegene wat geweld najaag en dit gebruik om ekonomiese sektore te ontwrig.