Farm 37 met 2 toilette, storte se hervestiging gaan voort

Die verskuiwing van die eerste 50 huishoudings na Farm 37 by Walvisbaai, bly in die nuus. Plaaslike media berig dat sowat 300 miljoen Namibiese dollar word benodig om die gebied te diens. Maar, daar is geen ander beskikbare gedienste grond op die kusdorp om inwoners te verskuif nie. Daar is meer as 10 000 sogenaamde agterplaas skuilings in Walvisbaai en terwyl die munisipaliteit steeds die fondse soek om Farm 37 te diens, moet die loodsprojek begin. Die gebied is reeds in 2015 geïdentifiseer omdat Walvisbaai se dorpsgrense bereik is met uitbreidings en dus, moet die gebied vergroot word. Farm 37 is sowat 10 kilometer buite die dorp. Daar is tot dusver net twee gemeenskaplike toilette en storte met lopende water maar, ‘n miljoen dollar is deur die raad bewillig vir infrastruktuur vir die eerste verskuiwings.