Cosatu bekommerd oor stygende inflasiekoers

Die vakbondfederasie Cosatu het sy kommer uitgespreek oor die styging in die inflasiekoers en sê dit sal die skrale inkomste van werkers nog verder laat verswak. Volgens Statistieke Suid-Afrika het jaarlikse verbruikersprysinflasie verlede maand tot sewe persent gestyg, wat na verwagting ‘n verhoging in rentekoerse tot gevolg gaan hê. Matthew Parks van Cosatu waarsku die hoër inflasie raak Suid-Afrikaners negatief in hul stryd om oorlewing in ‘n ekonomie wat al duurder word.