Tshwane het steeds nie ‘n burgemeester nie

Die Stad Tshwane se raad kon vir die derde keer nie daarin slaag om ‘n nuwe burgemeester te verkies nie. Die speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, het gister se spesiale sitting verdaag om ‘n regsmening oor die status van die Congress of the People-raadslid Justice Sefanyetso, in te win. Die speaker sê hy het twee briewe van Cope-leiers gehad; een wat sê dat hulle hom as sy verteenwoordiger onttrek, en ‘n ander wat sê dat hulle dit nie doen nie. Die party se woordvoerder, Dennis Bloem, verduidelik die twee briewe: