Rundu het nie geld om hom in die hof te verdedig nie

Plaaslike media berig dat die Rundu-dorpsraad nie genoeg geld het om ‘n prokureur aan te stel om homself te verdedig in die hoërhof nie. Die raad word vir 9,2 miljoen Namibiese dollar deur Redforce Debt Collectors gedagvaar. Die raad se hoof uitvoerende beampte, Olavi Nathaniel sê hulle moet gebruik maak van die staat se regspan maar, daar is nog geen reaksie op hulle versoek nie. Indien hulle nie binnekort verdediging aanteken nie, sal die verstekvonnis aan Redforce toegestaan word. Nathaniel sê hulle het reeds die kantoor van die prokureur-generaal genader.