Gun Free SA wil SAPD hof toe sleep oor verkoop van vuurwapens aan skelms

Gun Free SA gaan regstappe instel teen die minister van Polisie, Bheki Cele, oor die onwettige verkoop van wapens aan misdadigers. Die organisasie eis skadevergoeding vir die dood van 89 kinders en 170 kinders wat weens nalatige vuurwapenbestuur gewond is. Dit volg op die skuldigbevinding van die gewese senior polisie-offisier, Christiaan Prinsloo, in 2020 oor die verkoop van meer as nege-duisend vuurwapens aan bendeleiers op die Kaapse Vlakte. Ian Cameron van Action Society sê die polisie doen nie genoeg om hierdie gebruik stop te sit nie: