Du Toit sluit na Wêreldbeker by Bath aan

Bath het bevestig die Haaie se Springbok-stut, Thomas du Toit, gaan hom na vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk by hulle aansluit. Die Engelse Premierliga-klub word deur die voormalige hulpafrigter van die Springbokke, Johann van Graan, afgerig. Die 27-jarige Du Toit het sedert 2018 in 15 toetse vir Suid-Afrika gespeel en die Durbanse span in 105 wedstryde verteenwoordig, asook 48 keer in die Curriebeker-kompetisie. Volgens Van Graan is die Wêreldbeker-wenner ʼn vakman van wêreldgehalte in die skrums.