Ondersoek na verspreiding van nuus op digitale platforms

Die Mededingingskommissie in die buurland gaan begin ondersoek instel na hoe inhoud van nuusmedia op digitale platforms versprei word. Dit volg nadat reguleerders in Amerika, Brittanje, Kanada en Australië reeds probeer het om tegnologie-reuse te dwing om vir inhoud te betaal. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, het gesê hulle gaan probeer vasstel hoe nuus-uitgewers kenmerke op digitale platforms gebruik, insluitende soekenjins, sosiale media-webwerwe en kunsmatige intelligensie. Hy sê onafhanklike media kan bedreig word as dit nie behoorlik gefinansier word nie.