BOSA: Werkskepping bo welsyn

Build One South Africa doen ‘n beroep op die regering om werkskepping bo welsyn vir die armes te stel. Die pleidooi volg nadat President Cyril Ramaphosa tydens sy Menseregtedag-toespraak aangekondig het dat 18 miljoen burgers maatskaplike toelaes ontvang, vergeleke met 2,5 miljoen in 1999. Bosa se leier, Mmusi Maimane, glo om mense van werk en vaardighede te verskaf is ‘n volhoubare oplossing eerder as om op maatskaplike toelaes staat te maak.