Shikongo moet tronk toe, Hengari moet uit – Venaani

Die president van die PDM-party, die amptelike opposisie sê die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo moet vir moord in hegtenis geneem word. Op sy sosiale media sê McHenry Venaani dat ten spyte van die feit, arresteer sy mag jongmense wat jeugwerkloosheid wil aanspreek. Hy eis dat sy LP, Inna Hengari onmiddellik vrygelaat word. Hengari is Dinsdagoggend by die nasionale protes teen werkloosheid saam met Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer. Venaani voeg by dat die reaksie van die mag nie geregverdig was nie. Hy sê die feit dat die drie nog nie aangekla is nie, spreek boekdele oor die etiek van die Namibiese polisie. Regsman Kadhila Amoomo het vroeër gesê die drie sal eers môre verskyn maar daar word onderhandel vir borg.