Weer 28% van toetse positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 sterftes en 722 nuwe Covid-gevalle uit 2 596 toetsuitslae aangekondig. Khomas-streek alleen het 55% van die totale bevestigde gevalle. In die groep is 108 leerders, 25 gesondheidswerkers, 31 onderwysers en 22 studente. Altesaam 324 mense is in hospitale, waarvan 61 in hoërsorg-eenhede is.