Julius sê sy optog het beurtkrag verminder

Die EFF-leier, Julius Malema, het sy party se nasionale afsluiting beskryf as die suksesvolste ooit in die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika. Hoewel Eskom aangedui het die opheffing van beurtkrag was weens ‘n verminderde aanvraag, het die EFF-leier daarop aanspraak gemaak dit was die gevolg van die verset se sukses. Malema het in Pretoria aan verslaggewers gesê die lae vraag was weens fabrieke wat gesluit is. Hy het verder beklemtoon die party is gekant teen privatisering, wat hulle glo die agenda is van president Cyril Ramaphosa: