SA ekonomie groei met 1,1%

Statistieke Suid-Afrika het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal vanjaar met 1,1 persent gegroei het. Die finansiële, mynbou- en handelsbedrywe het glo grootliks hiertoe bygedra. Statistieke SA het bevestig dat die ekonomiese bedrywighede in die land toegeneem het weens die verslapte inperkingsvlak. Alhoewel daar vir ‘n derde agtereenvolgende kwartaal positiewe groei was, het die Suid-Afrikaanse ekonomie egter steeds 2,7 persent gekrimp as gevolg van die Covid-19-pandemie.