Voëlgriep in Chile – 40 000 voëls van kant gemaak

Nagenoeg 40 000 stuks pluimvee is gister in Chile van kant gemaak en begrawe nadat die land sy eerste geval van voëlgriep in ‘n nywerheidseenheid gediagnoseer het. Die hoof van dieregesondheid in die Chileense vee-agentskap, Carlos Orellana, sê die uitbreking is Maandag in ‘n aanleg van die vervaardiger Agrosuper in Rancagua in die sentrale deel van Chili opgespoor. Hy sê die pluimvee wat van kant gemaak is, is slegs ‘n klein persentasie van die land se 30-miljoen stuks pluimvee. Orellana sê die pluimveebedryf hoop hy kan die situasie in bedwang hou.