Helen Zille vir DA-leierskapsposisie benoem

Die DA se voorsittende beampte, Bridget Masango, het bevestig Helen Zille is tydens die party se leierskaps-verkiesing verkiesbaar vir ‘n tweede termyn as voorsitter van die federale raad. Dit volg op steun deur die huidige leier, John Steenhuisen, wat sê sy het bygedra tot die party se interne kultuur. Masango sê benoemings vir die drie poste van adjunk-federale voorsitters sluit in Anton Bredell, JP Smith en Lungile Phenyane.